* Ons glo in Een God, die Vader, die Almagtige Skepper van die hemel en die aarde, van alles wat gesien en ongesien is. 
* Ons glo in een God wat ewig bestaan en geopenbaar word in drie persone naamlik: Vader, Seun en Heilige Gees. 
* Ons glo dat Jesus Christus deur die Vader gegee is, deur die Heilige Gees ontvang is, uit die maagd Maria gebore is, en waarlik God en waarlik mens is. Ons glo dat God die mens geskep het na Sy eie beeld en gelykenis. 
* Ons glo dat die mens teen God gesondig het, van genade afgeval het en die gevolg daarvan verdien het, naamlik die dood - fisies en geestelik. 
* Ons glo dat alle mense dus gebore word met 'n sonde-natuur en verlossing nodig het. 
* Ons glo dat Jesus Christus gekruisig en vir ons sondes gesterf het sodat almal wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê, deur Sy Bloed regverdig gemaak. 
* Ons glo dat elkeen wat hul sondes bely en Jesus deur geloof in hul harte ontvang, deur die Heilige Gees wedergebore is en dus kinders van God geword het. 
* Ons glo in die fisiese opstanding van Jesus Christus, dat Hy op die derde dag opgestaan het, na die hemel opgevaar het en nou aan die regterhand van die Vader as ons Hoëpriester sit. 
* Ons glo dat Jesus weer in heerlikheid sal terugkom om die lewende en die dode te oordeel en oor Sy koninkryk te heers wat geen einde sal hê nie. 
* Ons glo in die opstanding van die regverdige en die onregverdige, waar die regverdige die ewige lewe ontvang en die onregverdige tot 'n lewe in die hel veroordeel word. 
* Ons glo in die Heilige Gees, die Here, die gee van die lewe, wat van die Vader en die Seun uitgaan. Met die Vader en die Seun word Hy aanbid en verheerlik. Hy het deur die Profete gespreek. 
* Ons glo in die doop in die Heilige Gees, met die aanvanklike bewys van tale, deur wie die gelowige toegerus word vir diens, met die bo-natuurlike gawes van die Gees. 
* Ons glo in die vyfvoudige bedieningsgawes van die Apostel, Profeet, Evangelis, Herder en Leraar. * Ons glo in die beginsel van gesag, waardeur ons onder die Gesag van Christus staan, waar lede hulself onderwerp aan die gesag van die plaaslike kerk, waarvan Christus die Hoof is, wat betref hul persoonlike gedrag. 
* Ons glo dat die Bruid van Christus almal is wat deur Christus Jesus verlos is en deur die Heilige Gees wedergebore is.
* Ons glo dat Jesus Christus twee sakramente ingestel het naamlik: Doop - die volle onderdompeling in water as 'n stap van gehoorsaamheid en as 'n getuienis van ons Christelike geloof wat ons vereniging met Christus se dood en opstanding voorstel, Nagmaal - die deelname aan die Tafel van die Here - waar die brood simbolies is van Sy liggaam vir ons gebreek; die wyn simbolies is van Sy bloed vir ons vergiet. 
* Ons glo dat die Ou en Nuwe Testament Skrifte, in hul oorspronklike vorm, volkome deur God geïnspireer is en dit aanvaar as die finale geskrewe gesag vir geloof en lewe. 
* Ons glo dat die Skrifte voorsiening gemaak het vir Goddelike genesing in die Ou en Nuwe Testament. 
* Ons glo dat volgens die Skrifte ons ons tiendes na die voorraadkamer van die Here moet bring (Maleagi 3:9-10; Genesis 14:20; Hebreërs 7:4-6). 
* Ons glo in heteroseksuele huwelik tussen 'n natuurlike man en 'n natuurlike vrou

Tuis Blad