Wat om te verwag by ChurchArise?

By ChurchArise sal jy 'n warm gesinsatmosfeer ervaar, met gasvrye mense wat jou dadelik tuis laat voel. Ons dienste begin met lofprysing en aanbidding, gelei deur 'n Geesvervulde orkes, wat 'n opheffende atmosfeer skep. Ons is 'n uitbundige kerk waar die gawes van die Gees vloei.

Geniet voor die diens 'n gratis warm koppie koffie of tee, en bly na die diens vir nog koffie, tee en 'n toebroodjie terwyl jy saam met ons omgee-gemeenskap kuier. Ons preke is prakties en is so opgestel dat jy dit in jou alledaagse lewe kan toepas.

Alhoewel ons nog nie aparte fasiliteite vir 'n kinderkerk het nie, is kinders baie welkom om die diens saam met ons by te woon. Ons jongmense is aktief betrokke en dien op verskeie maniere in die kerk. Dienste begin om 10:00 by Cussionia Crest, 116 De Wildt, R513, op die grens van Gauteng en Noordwes.

Kom wees deel van 'n gemeenskap wat werklik vir mekaar omgee!

Previous Next
Tuisblad English